Die swerfjare van Poppie Nongena

Die swerfjare van Poppie Nongena

CNA-prys (1978), Louis Luyt-prys (1979), WA Hofmeyr-prys (1979), Winifred Holtby-prys (1981). Die swerfjare van Poppie Nongena het by verskyning in November 1978 die gemoed van die hele land beroer. Binne vier maande is dit drie keer herdruk. Dit is verskeie kere bekroon en Elsa Joubert word ook ‘n Fellow van die Society. Sedertdien is die roman vertaal in Frans, Spaans, Duits, Nederlands en Italiaans. In 1985 het ‘n Amerikaanse uitgawe verskyn. Hoë lof is van kritici ontvang. Audrey Blignault het die betekenis van die roman só saamgevat: 'n Aangrypende, onvergeetlike boek wat die sluier tussen die witmens en die swartmens in Suid-Afrika afruk." André P. Brink het dit in Rapport as die boek van die jaar in die Afrikaanse prosa uitgesonder: "'n Visioen van menslike gevangenskap... Ontstemmend en indrukwekkend... Verpligte literatuur vir elke mens wat oor hierdie land wil saampraat." Oorsee het die gesaghebbende Sunday Times Literary Supplement ‘n entoesiastiese bespreking van die roman geplaas. En The Times se resensent skryf: "(The novel) unfolds with the inexorable force of a Greek tragedy." As voorhoogstuk was Poppie eweneens suksesvol. Dit is in sowel Afrikaans as Engels landwyd opgevoer. In New York is dit eers in ‘n eksperimentele teater aangebied; daarna het dit as Off Broadway-opvoering die Obi-toekenning verwerf vir die beste dramateks. Dit is gekies vir die Edinburgh-toneelfees, en later ook in Londen opgevoer, waar Thuli Dumakude as Poppie die gesogte Olivier-prys verower het. Vervolgens is dit opgevoer in Australië, Kanada en Chicago. Die skrywer self sê oor dié suksesverhaal: "Die lewe van die werklike Poppie het my diep geraak, en my beklem. Hier was ‘n vrou, magteloos vasgevang in ‘n onmenslike sisteem, wat veg vir die bestaan van haar gesin. Deur die boek wou ek aan haar ‘n stem gee."


Auteur | Elsa Joubert
Taal | Afrikaans
Type | E-book
Categorie | Literatuur & Romans

bol logo

Kijk verder

Boekomslag voor ISBN: 9789063252083
Boekomslag voor ISBN: 9789464711035
Boekomslag voor ISBN: 9780624023333
Boekomslag voor ISBN: 9780624052432
Boekomslag voor ISBN: 9789492600424
Boekomslag voor ISBN: 9789088653247


Boekn ©