Tot Siens Vos En Haas

Tot Siens Vos En Haas

Lees net hier: Haai, Vos! Haai, Haas! Dit is Uil wat so roep. Hy sit in sy boom en wink deur die venster. Dis snaaks, se Haas. Baie snaaks, se Vos. Want vandat Uil 'n eier het, wil hy niemand sien nie. Vos en Haas, uit Sylvia Vanden Heede en illustreerder The Tjong-Khing se eerste Vos en Haas- groeiboek , het die harte van ontelbare eerste lesers verower. Uiteindelik was daar 'n dik boek wat hulle heeltemal op hul eie kon lees. Nou is daar meer van Vos en Haas! Die stories en die karakters in Tot siens, Vos en Haas bou voort op die eerste boek, en ook die moeilikheidsgraad vorm 'n perfekte vervolg daarop. Soos die jong leser se vermoe groei, word die taalgebruik van die boek geleidelik moeiliker. Die stories is net so oorspronklik en vermaaklik as in die eerste boek.

Auteur | Sylvia Vanden Heede
Taal | Engels
Type | Paperback
Categorie |

Kijk verder

Boekomslag voor ISBN: 9789401448291
Boekomslag voor ISBN: 9789401479752
Boekomslag voor ISBN: 9789401473774
Boekomslag voor ISBN: 9789401458498
Boekomslag voor ISBN: 9789401492935
Boekomslag voor ISBN: 9789055627660


Boekn ©