Patrisiers and Prinse
Patrisiers & prinse is die eerste deel van 'n vyfdelige reeks oor vroee blanke vestiging aan die Kaap. In die deel beskryf Karel Schoeman die sewentiende-eeuse Europese wereld waarin Jan van Riebeeck en sy tydgenote grootgeword het. Hierdie wereld vorm die agtergrond van die verversingspos wat die VOC in 1652 by Kaap die Goeie Hoop sou stig. In die eerste twee hoofstukke en in hoofstuk 4 word die opkoms en hoogbloei van die Nederlandse Republiek bespreek. Die Frankryk van Lodewyk XIV kry in hoofstuk 3 aandag, met klem op die toenemende oorheersing van Europa deur die Franse kultuur. Besonder boeiend is die dele wat gewy word aan die opkoms van die hoe burgerstand in Nederland en die versamelaarsdrif wat deur die stand se welvaart en die kontak met Nederland se kolonies moontlik gemaak is. In die laaste twee hoofstukke wys Schoeman daarop dat Europa in die sewentiende eeu nog besonder naby aan die Middeleeue gestaan het en bespreek hy die soms skokkend primitiewe lewenswyse wat maar geleidelik nader aan die moderne beweeg het.
Auteur | | Karel Schoeman |
Taal | | Engels |
Type | | Hardcover |
Categorie | |