Kinders Van Die Kompanjie

Kinders Van Die Kompanjie

In Kinders van die Kompanjie skryf Karel Schoeman in onderhoudende verteltrant oor meer as dertig individue en groepe wat gedurende die sewentiende eeu by die VOC se nedersetting aan die Kaap betrokke was. Kompanjiesdienaars, vryburgers, vryswartes, slawe, Khoikhoi, ballinge en besoekers is die onderwerpe van hierdie titel, en die agtergrond strek van Persie, Ceylon en Japan oor Madagaskar en Mauritius na Brasilie en Nieu-Nederland. Op hierdie wyse ontstaan 'n saamgestelde beeld van die kolonie aan die suidpunt van Afrika gedurende die eerste halfeeu na sy stigting, wat terselfdertyd toon hoe nou dit ingeskakel was by die Nederlandse handelsryk waarvan dit 'n onderdeel was.

Auteur | Karel Schoeman
Taal | Engels
Type | Hardcover
Categorie |

bol logo

Kijk verder



Boekn ©