Wals met Matilda

Wals met Matilda

Die see. 'n Woonstel. Op die balkon 'n skrywer. Die skrywer kyk af na die blou buitelyn van 'n man wat hom op die plaveisel onder hom doodgeval het, dwing dan sy blik weg en kyk ver oor die flikkerende vroemôresee. Dit is vir hom asof 'n vreemder wordende wêreld die woonstel teen die see vasdruk tot dit 'n eiland word. Die skrywer wag op 'n besoeker. Hy weet sy is gestuur. Sy uitgewery het lank genoeg gepleit om 'n nuwe werk uit die pen wat voorheen die kasregisters laat klingel het.

Auteur | Dan Sleigh
Taal | Afrikaans
Type | E-book
Categorie | Literatuur & Romans

bol logo

Kijk verder



Boekn ©